Jong man van Lydenburg skop twee goues los
Twee goue medaljes vir Isak Beytell en die SA-span eindig algeheel vyfde.
Die Ring Contact Fighting Arts International se SA span het die afgelope naweek aan die World Kickboxing Association Open World Championships in Barnsley, Engeland, deelgeneem.
Isak Beytell (25) van Lydenburg het ‘n goue medalje vir ligtekontakskopboks en vir ligte- aanhoudende gevegskuns gewen.
Lees ook: Lydenburg Wyngilde bepaal sy beste wyn vir versnitkompetisie
Hy is ‘n oudleerder van beide Laer- en Hoërskool Lydenburg. Hy het bewys dat deursettingsvermoë en passie vrugte afwerp, en het al op skool aan atletiek deelgeneem.
Beytell het eers op 22-jarige ouderdom hierdie tipe gevegskuns begin beoefen, en dit is dus vir hom ‘n relatiewe nuwe sportsoort.
Een-en-twintig lande het deelgeneem en meer as 1 200 deelnemers het hul staal gewys.


