Local sportSport

Van Reenen, Rhodé en Shana behaal meer as 900

Rhodé Nel het Vrydag tydens die Affie-uitnodigingsbyeenkoms haar oorwinningstog op die baan voortgesit.

Dié o/15-dogter van Hoërskool Nelspruit was haar skool se beste atleet van die dag nadat sy die 400 m in 58,56 sek kafgedraf het wat 934 ABSA-punte werd is.

Hier het sy ook gewys dat sy wel vir ‘n medalje by vanjaar se nasionale kampioenskappe in aanmerking kan kom.

Rhodé het by die Buco Interhuis-atletiekbyeenkoms met ‘n tyd van 1:02,18 dié item voltooi.

NHS het in totaal 10 goue, 18 silwer- en bronsmedaljes verower.

Shana Scott (o/15), wat verlede naweek 35,73 m in skyfwerp gegooi het, moes met ‘n tweede plek tevrede wees. Sy was egter een van drie NHS-atlete wat die 900-merk oorskry het.

Van Reenen Kruger het ook meer as 900 punte verdien.

Van Reenen stap al nader aan Thulani Sambo se 100 m-hekkierekord van 13,62 sek. Hy wen die item met ‘n tyd van 13,65 sek.

Eerste plekke (ABSA-punte bo 800) 
• Van Reenen Kruger, o/15 – 100 m-hekkies (13,65 sek); 300 m-hekkies (41,25 sek)
• Stefan Smit, o/19 – skyfwerp (46,76 m)
• Ruan Labuschagné, o/19 – 400 m-hekkies (55,81 sek)
• Mackie Ngwenya, o/17 – hoogspring (1,7 m)
• Zander van der Merwe, o/16 – spiesgooi (53,53 m)
• Wian Otto, o/19 – gewigstoot (14,69 m)
• Ilke Joubert, o/19 – gewigstoot (10,79 m)
• Jessica Berry, o/17 – 1 500 m (5:00,06)
• Rhodé Nel, o/15 – 400 m (58,56 sek).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button