Local sportSport
Vlammies klop Curro
Hoërskool Bergvlam se eerste krieketspan het verlede week Curro Nelspruit met 19 lopies geklop.
Vlammies het die loot gewen en eerste ingegaan om te kolf.
Zaakir Bellim was op die dag uitstekend met die kolf in die hand en het 64 lopies behaal. Sias Botha het 33 lopies agter sy naam aangeteken.
Bergvlam het 224 lopies na 43,1 boulbeurte aangeteken.
Faheem Nomani en Setjaba Mpatlanyane het elk 10 boulbeurte afgestuur. Albei het drie paaltjies vir slegs 57 lopies in hulle 20 beurte gevat.
Die o/15A-span het teen Hoërskool Nelspruit se o/14’s op laasgenoemde se velde te staan gekom.
Hier het die besoekers NHS met 22 lopies geklop.
NHS se eerste span het Dinsdag Bergvlam se eerstes in ‘n T20-wedstryd met agt paaltjies geklop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

