Local sportSport

Meer as 200 sien kans vir die Mac Mac Ultra

Hardlopers moes oor gepaste ondervinding beskik om aan die drie onderskeidelike afstande van 100 myl (160 km), 50 myl en 46 km deel te neem.

Om ‘n marathon van 42 km te hardloop is opsigself uitemergelend, maar ‘n ultramarathon met hoogtes van soveel as 7 500 m bo seespieël, is ontoegeeflik.

Meer as 200 hardlopers so taai soos ratels kan hiervan getuig nadat hulle die afgelope naweek die aanvanglopie van die Mac Mac Ultra-wedloop aangepak het. Die geboorte van die wedloop, wat voortaan in hoofletters in langasems se dagboeke neergepen gaan word, volg nadat plaaslike sogenaamde honderdmylers die beeldskone area aan mede-atlete ten toon wou stel.

Grit and grand achievements at the Munga

Hardlopers moes oor gepaste ondervinding beskik om aan die drie onderskeidelike afstande van 100 myl (160 km), 50 myl en 46 km deel te neem. Die 100 myl-wedloop het vroeg Vrydagoggend by The Vine Restaurant in Pilgrim’s Rest afgeskop, waarna hardlopers ongeveer 60 km op die deesdae ongebruikte Prospektors-staptroepe hulle staal moes wys voordat hulle by die Fanie Botha-staproete sou aansluit en uiteindelik, etlike ure later by Merry Pebbles die wenstreep haal.

Die 46-km-roete het by Merry Pebbles met ‘n uitdagende klim tot bo-op die Hartebeesvlakte begin, voordat hulle by die 100- en 50-myl-roete aangesluit het. Beide laasgenoemde dien as kwalifiserende rondes vir die Ultra-Trail du Mont-Blanc (UTMB). Daarom moes hardlopers, volgens die Internasionale Veldhardlopersvereniging (ITRA) se standaarde, die wedlope in gegewe tye voltooi.


Die afsnytyd vir die 100 myler was 46 uur. Tot die genot en verbasing van organiseerder het Ruan van der Merwe in ‘n tyd van 23 uur, 54 min en 3 sek met die louere weggestap. Nicky Booyens, die enigste vrou wat die onlangse Munga Trail kon voltooi en sodoende seëvier, het weer naam gemaak toe sy dié wedloop van alle wedlope in ‘n tyd van 28:05:48 kon wen. Beide atlete is van Pretoria afkomstig.


Matthew Healy van Kaapstad het die 50-myl-wedloop in ‘n tyd van 08:47:12 gewen, en Suzette von Broembsen van PSG Rosebank het die damesafdeling in 11:18:09 kafgedraf. Jock Green het die 46-km-wedloop in 05:28:03 gewen en Anouk Baars die vroue-afdeling in 05:55:12.

Photos by Phonix Capture

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button