Local sportSport

Rooikatte deel ’n 73-3-veeghou uit

Met 73 punte teenoor die drie van Malelane, het die Rooikatte Rugbyklub redegehad om trots te wees.

Die spanne het mekaar op Saterdag 4 Junie by Rooikatpark op Lydenburg gepak.
Malelane het baie beserings gehad en kon nie twee vol spanne Lydenburg toe stuur nie.
Drieë is deur Clinton Sibanyoni, Xolani Nqandana, Johan Voster, Hilton Boshoff, Donovan Theart en Christiaan Labuschagne gedruk.

Lees ook: Krugerwildtuin se wildehonde binnekort op die kassie te sien

Agt van Jason Oosthuizen se drieë is verdoel en een drie van Donavan Theart.
Die spelers van die wedstryd was Phillip Hennop en Hilton Boshoff vir die voorry. Die spelers van die wedstryd vir die agterry was Christiaan Labuschagne en Donovan Theart.
Die Rooikatte het Malelane bedank dat hulle steeds ywerige rugby opgelewer het.
Op Saterdag 11 Junie speel die Rooikatte ’n wegwedstryd op KaMhlushwa naby Malalane.

Julius Ackermann in volle vaart met Malelane se spelers wat hom agternasit
Wernich Botha, Donovan Theart en Prince Mhlanga van die Rooikatte op pad om nog punte aan te teken.
Jason Oosthuizen mik pale toe. Foto’s Jenise Colsby.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button