Groot 5 Tennistoernooi ‘n reusesukses
Ten spyte van die swaar reën gedurende die naweek, is die wedstryde gespeel.

Hoërskool Nelspruit (NHS) se dogterspan het die afgelope naweek hul titel in die Groot 5 Tennistoernooi verdedig.
Die jaarlikse toernooi is deur NHS aangebied en daar is op verskeie skool- en klubbane in Mbombela gespeel.
Twaalf van Suid-Afrika se toptennisskole het deelgeneem. NHS se seunspan het die sewende plek behaal.
Groot 5 Tennistoernooi-uitslae:
Beste spangees
• Afrikaans Hoër SeunskoolBeste sportmanskap
• Dogters: Leoni Weirich-wisseltrofee (Hoërskool Stellenbosch)
• Seuns: Lendo Vomkel-wisseltrofee (Hoërskool Monument)
• Individuele vermelding: Aletta Smit (Afrikaans Hoër Meisieskool), DW Venter (Boland Landbouskool), Inge Victor (Hoërskool Wilgerivier), JP Snyman (Afrikaans Hoër Seunskool), Bianca Alberts (Afrikaans Hoër Meisieskool), Jan-Harm Lessing (Paul Roos Gimnasium).
Uitslae
Dogters
1. Hoërskool Nelspruit
2. Hoërskool Waterkloof
3. Hoërskool Stellenbosch
4. Afrikaans Hoër Meisieskool
5. Hoërskool Garsfontein
6. Hoërskool Wilgerivier
7. Hoërskool Nelspruit (2)
8. Hoërskool Monument
Seuns
1. Paul Roos Gimnasium (tweede agtereenvolgende jaar)
2. Hoërskool Menlopark
3. Afrikaans Hoër Seunskool en Boland Landbouskool
4. Hoërskool Garsfontein
5. Hoërskool Waterkloof
6. Hoërskool Monument
7. Hoërskool Nelspruit
8. Hoërskool Wilgerivier
9. HTS Middelburg.

