Hoërskool Nelspruit se tennisdogters slaan kishou by Groot 5 Toernooi in Mbombela
Die Nellies se dogters het hulle afdeling gewen, en die seunspan het die sewende plek verower.
Die jaarlikse Groot 5 Tennistoernooi het van Donderdag 15 Febuarie tot Sondag 18 Febuarie op verskeie bane in Mbombela plaasgevind.
Hoërskool Nelspruit se dogterspan het die dogtersafdeling gewen, met Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria in die tweede plek en Hoërskool Stellenbosch derde.
In die seunsafdeling het Paul Roos Gimnasium die eerste plek verower. Hoërskool Menlopark was tweede en Hoërskool Garsfontein derde.
Nellies se seunspan het die sewende plek gehaal.
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria het met die geesbeker weggestap.
Hoërskool Monument het die Leoni Weirich-trofee (vir dogters met die beste sportmanskap) en die Lendo Vonkel-trofee (vir seuns met die beste sportmanskap) gewen.
Algehele uitslae:
Dogters:
• 1. Hoërskool Nelspruit
• 2. Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
• 3. Hoërskool Stellenbosch
• 4. La Rochelle Girls High School
• 5. Hoërskool Garsfontein
• 6. Hoërskool Middelburg
• 7. Hoërskool Wilgerivier
• 8. Hoërskool Monument.
Seuns:
• 1. Paul Roos Gimnasium
• 2. Hoërskool Menlopark
• 3. Hoërskool Garsfontein
• 4. Hoër Landbouskool Boland
• 5. Midstream College
• 6. Hoërskool Monument
• 7. Hoërskool Nelspruit
• 8. Hoërskool Wilgerivier
• 9. WJ Tennisakademie
• 10. Hoërskool Ermelo.
















