Local sport

Laeveld-skuts skitter by SA Sport en Jag Kampioenskappe

Die Laevelders het hul tuisgrondvoordeel in Barberton voluit benut.

Lede van die Mpumalanga Laeveld Sport en Jag Federasie het onlangs hul staal by die SA Sport en Jag Kampioenskappe gewys waar die Laeveld met nie minder nie as 25 medaljes bekroon is.

Vanjaar se SA Sport en Jag Kampioenskappe is deur die Laeveld-unie by Dusty Ranch in Barberton aangebied, en 138 skuts het van regoor die land gereis om deel te neem. Sewe van die agt unies wat onder die SA Sport en Jag Federasie val, was teenwoordig by vanjaar se SA’s – dit was slegs die SWD-unie wat dit nie bygewoon het nie.

Nico Peridikis. > Foto’s: Verskaf/Gerda vand der Merwe
Nico Peridikis. > Foto’s: Verskaf/Gerda vand der Merwe

Kompetisie het oor drie dae, vanaf 7 tot 9 Augustus, plaasgevind en die skuts het glad nie teleurgestel nie. Elke deelnemer het bewys waarom hierdie groep as van die land se beste skuts beskou word. Van die eerste skoot af was die stryd fel en elke medaljeplek is duur verower.

Julian Waters. > Foto’s: Verskaf/Gerda vand der Merwe
Julian Waters. > Foto’s: Verskaf/Gerda vand der Merwe

Die Laeveld-skuts was tydens die hele kompetisie konstant onder die top drie. Stephanie van der Merwe was die mees suksesvolle verteenwoordiger: in die senior vrouekategorie het sy silwer in spring rifle verower, asook goud in compact handgun en standard handgun.

Met nege goud, nege silwer en sewe brons medaljes, het die Laevelders by vanjaar se SA’s behoorlik die spiere gebult – ‘n uitsonderlike prestasie op tuisgrond.

Anneke van Schoor. > Foto’s: Verskaf/Gerda vand der Merwe
Anneke van Schoor. > Foto’s: Verskaf/Gerda vand der Merwe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button