School sportSport
Krieketspanne stuit opponent
NHS se eerstespan het die afgelope naweek met 58 lopies met Dr EG Jansen afgereken.

André Vosloo is as die beste kolwer aangewys en het 66 lopies geslaan. Die volgende leerders is as die beste boulers aangewys:
• Jon Hinrichsen met 4 paaltjies vir 22 lopies in 8 beurte.
• Emile Pëtersen met 3 paaltjies vir 35 lopies in 10 beurte.
• Divan Jacobs met 3 paaltjies vir 35 lopies in 10 beurte.
Die o/15A-span het ook hul staal gewys en met 8 paaltjies teen die span van Dr EG Jansen gewen. Tristan Parnell en Ruan Tait is as die beste kolwers aangewys en het onderskeidelik 62 en 58 lopies aangeteken. Liam Gunter het vier paaltjies vir 10 lopies in 3 beurte aangeteken en was die beste bouler van die dag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
