Laeveld se top atlete haal uit en wys
Die byeenkoms dien as goeie voorbereiding vir die skool se prestigebyeenkoms en die interlaer wat einde volgende maand aangebied word.
Laerskool Laeveld het Maandag hulle top-agt-atletiekbyeenkoms aangebied.
Daar is slegs agt inskrywings in elke item en dien as goeie voorbereiding vir die skool se prestigebyeenkoms en interlaer wat einde volgende maand aangebied word.
Dit sou Vrydag al plaasgevind het, maar het uitgereën en kon dus vandeesweek in die sonskyn voortgesit word.
Onder die seuns is Ashaan Sebastian as die beste baan-, hekkies-, senior 100- en 200-meteratleet aangewys.
Onder die dogters is Ane Janse van Rensburg as die beste hekkies-, gewigstoot- en senior 150-meteratleet aangewys.
Cian Maritz is as die beste veldatleet en beste hoogspringer aangewys en het boonop met die beste prestasie van die dag in hoogspring weggestap.
Therese Seyffert was die beste middelafstandatleet en Inge Meyer die beste verspringer. Die beste senior 80-meteratleet was Enliola Raman, die beste junior 80-meteratleet was Dalmy Pretorius en die beste junior 60-meteratleet was Milan Fourie.







