School sportSport

Sussies gee toon aan in swembad

Die Broodryk-sussies, Carla en Carike het Maandag by Hoërskool Rob Ferreira se swem-interhuis die water laat spat.

Carla het drie eerste plekke in onderskeidelik die 50m-vry-, bors-, en rugslag behaal.

Haar beste tyd op die dag was in die dogters o/15, 50m-vryslag waar sy die item in 38,82 kafgedraf het.
Haar ouer sussie, Carike het twee goue medaljes in haar twee items verower. Sy het die dogters o/17 50m-vryslag met 1,92sek gewen en in ‘n tyd van 40,35 klaargemaak. Daarna het sy die 50m-rugslag in 47,84 voltooi. Robbies kan met ‘n geruste hart aan die Interskole Swem wat op 24 Februarie plaasvind, deelneem met die nuwe gr. 8-swemmer, Jacques Terblanche. Hy het twee eerste, en twee tweede plekke in onderskeidelik die 50m-bors- en rugslag behaal en silwermedaljes in die 50m- vlinder- en vryslag.

Die o/15-seun, Franco Labuschagne het ook puik presteer met drie goue medaljes in die 50m-vlinder-, vry- en rugslag-items.

Die matriekleerder, Mark Kauffmann kan ook in die vlinder- en vryslagitems dopgehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button