School sportSport

Jong atlete druk hul stempel af

Dit was geen verrassing dat Laerskool Laeveld se Ashaan Sebastian Greaver net soos in verlede jaar se interlaer-atletiekbyeenkoms met talle trofeë huis toe is nie.

Die 34ste Hi-Tech Interlaer Atletiekbyeenkoms is Vrydag haarfyn beplan en tot in die millisekonde deur Laerskool Nelspruit aangebied.

Die onderskeie hoofde van die skole het in voertuie van die jaar waarin die skool onstaan het, om die baan gery. Laerskool Lydenburg wat in 1851 sy deure oopgemaak het, het in ‘n 1928 Fordmodel A gery.

Die jongste skool, Laerskool Laeveld se hoof mnr. Theo Kruger het vanuit ‘n 1970 Triumph Spitfire die amper 4 820 toeskouers gegroet.

Uit die vyf items waaraan Ashaan deelgeneem het, het hy vier nuwe rekords vasgepen. Sy beste prestasie van die dag was in die verspringput toe hy die maatband op 5,81 meter laat lees het, wat hom 1 142 punte op die Absa-punteleer besorg het.

Laerskool Nelspruit se Anje Nel en Shanese de Clerck het ook elk twee trofeë ontvang. Anje (o/12) het in die 150-meterhekkies met ‘n tyd van 23,22 sekondes klaargemaak en is ook as die senior victrix ludorum aangewys. Haar spanmaat, Shanese het haar persoonlike beste afstand in die verspring van 4,32 meter verbeter en spog met ‘n nuwe afstand van 4,48 meter.

Lydies het in 1982 die eerste interlaer-byeenkoms aangebied en sal in 2016 die kitaar slaan.

Untitled.jpg1

 

Loer hier na al die aksie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button