Lydies skitter in spykerskoene
Laerskool Lydenburg se Marius Nel (o/13) het tydens die Obaro Interlaer-atletiekbyeenkoms 2 275 ABSA-punte ingesamel.
Sy afstand van 5,07m in die verspringput, was 893 punte werd en dit het hom ‘n silwermedalje in die sak gebring.
Hy het verder ‘n bronsmedalje in die 200m met ‘n tyd van 27,18 losgehardloop, asook die 80m-hekkies in ‘n tyd van 12,78 voltooi wat hom ‘n tweede plek besorg het.
Die wind van Vrydag se byeenkoms het ‘n hele paar atlete duur te staan gekom, maar het nie Ntiyiso Nkanyani (o/12) in sy skoene gestuit nie. Hy het die trofee vir die beste seunshekkiestaleet van die dag opgeraap. Hy het ‘n goue medalje in dié item met ‘n tyd van 23,75 verower. Ntiyiso het vierde in die 1 200m met ‘n tyd van 04:17,09 geëindig.
Sy spanmaat, Nkanyiso Mokwena was ook een van sy skool se uitblinkers.
Dié langasem het ‘n tweede plek op die podium vir sy tyd van 04:14,63 in die 1 200m ingeneem en het in die hoogspringitem ‘n hoogte van 1,26m met Bergland se Hugo Smit gedeel.

Larischa Kelly het in die dogters o/12, haar uitstekende vorm in hoogspring, gewigstoot en 75m-hekkies voortgesit.
Sy het twee silwermedaljes in onderskeidelik die hoogspring (1,35m, 844 punte) en 75m-hekkies (13,25, 689 punte) en ‘n sesde plek in die gewigstoot (07,05m, 535 punte) verower. Dit was ‘n volle 2 068 ABSA-punte werd. Nog ‘n atleet van Lydies wat puik presteer het, was Larissa Grobler (o/13). Sy het silwermedaljes in gewigstoot en 75m-hekkies, brons in die 200m-hekkies en ‘n vierde plek in die 100m.
Lees ook: Lydies hosts Stars in Spikes
Lydies! Welgedaan met die goed georganiseerde dag.
Laerskool Bergland gaan in 2018 die gasheer vir vir die interlaer-byeenkoms wees.

