School sportSport

Nellies se tennisspelers sit vir ander spanne ore aan

Laerskool Nelspruit se tennisspanne het hulle stempel op die bane teen Uplands College en Laerskool Laeveld afgedruk.

Nellies se ope A-spanne, seuns en dogters het as wenners uit die stryd getree met die groottotaal op 54 teenoor Uplands se 44 punte.

Die dogters het Uplands 28-5 in die enkelspel en 13-3 in die dubbels geklop, wat Nellies met 41-8 laat wen het.

Nellies se seuns het egter teen Uplands vasgeval. Hulle het met 24-9 in die enkel- asook 12-4 in die dubbelspel koning gekraai.

Lani Swart, Lize Oosthuizen, Tammy Fourie en Arili Boshoff.

Die seuns se ope B-spanne het teen Laerskool Laeveld se spanne teruggeveg en was met 26-7 in die enkel- en 14-2 in die dubbelspel die bobaas.

Nelspruit se dogters was ook te sterk vir Laeveld se spanne met 29-4 in die enkel- en 10-6 in die dubbelspel.

Nellies se ope B-spanne wen 79 teenoor Laeveld se 19 punte.

Nellies ope A-spanne, seuns en dogters teen Uplands ope A-spanne

• Dogters klop Uplands 28-5 in die enkels en wen 13-3 in die dubbels
Totaal – Nellies wen 41-8

• Seuns verloor 9-24 in enkels en verloor 4-12 in die dubbels
Totaal – Uplands se seuns wen 36-13.

Nellies ope B-spanne, seuns en dogters teen Laeveld ope B-spanne

• Dogters klop Laeveld 29-4 in die enkels en wen 10-6 in die dubbels
Totaal – Nellies wen 39-10

• Seuns wen 26-7 in enkels en wen 14-2 in die dubbels
Totaal – Nellie-seuns wen 40-9 Groottotaal, Nellies 79 vs. Laeveld 19.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button