Die gróót atletiek het uiteindelik aangebreek
Shanese de Clerck (o/12) sal môre 08:00 by die Kennith McArthur-atletiekstadion in Potchefstroom in aksie wees met die hoop om haar 2016 SA Skole-titel te verdedig.
Dié dogter van Laerskool Nelspruit se persoonlike beste hoogte in die item is 1,50m, maar sal graag die lat op 1,51m laat meet.
“Dit sal vir my ‘n groot voorreg wees om my titel te verdedig, maar op die einde van die dag doen ek atletiek omdat dit vir my lekker is. Ek wil nie teen die tyd wat ek hoërskool toe gaan, uitgebrand wees nie,” het Shanese gesê.
Sy is ook in die Mpumalanga-span vir verspring ingesluit.
“Ek moes in albei my items aan my tegniek werk. ‘n Dogter van Gauteng sal seker my sterkste kompetisie oor die twee dae wees. Ek hoop om naby aan vyf meter te spring.”
Huidige Suid-Afrikaanse gewigstootkampioen, ook van Nellies, Ashley Erasmus (o/12) sal haar opmars in die put wil voortsit wanneer sy vandag om 12:00 weer vir goud sal meeding.
“Ek hoop om die 12m-merk te oorskry, maar ek sal tevrede wees as ek my persoonlike beste afstand van 11,81m kan verbeter,”het Ashley gesê.

Sy het by die Mussas ‘n wenafstand van 11,49m gestoot.
So lyk die Mpumalanga-span wat Potchefstroom toe gaan
Laerskool Laeveld
• Ruan Pretorius, o/12 – hoogspring
• Roland Stoltz, o/11 – verspring
Curro Nelspruit
• Miriam Moshood, o/11 – 80- en 100m
• Kian Mouton, o/12 – 1 200m
Laerskool Witrivier
• Callum van Staden, o/11
• Naki Fakude, o/12

Laerskool Nelspruit
• Anje Nel, o/13 – hoogspring
• Ashley Erasmus, o/12 – gewigstoot
• Shanese de Clerck, o/12 – hoogspring, verspring
• Kiara Craven, o/10 – hoogspring
• Larise Combrink, o/12 – 100m en verspring
• Cathleen van Zyl, o/13 – skyfwerp
• Megan Botha, o/10 -70m-hekkies
• Tanya Pieterse, o/11 – 1 200m
• Lana Botha, o/12 – 1 200m
• Vauhn van Zyl, o/10 – gewigstoot
• Warren van Eyssen, o/10 – hoogspring.

