‘n “Krismus” met ‘n verskil
Paul en Lil van den Berg skryf: Na ‘n hele paar keer wat ons die Krugerwildtuin besoek het, kry ons gelukkig ons geliefde kampplekkie in Satara. Na die tentjie spoedig opgeslaan is, knetter ‘n vrolike vuurtjie, gereed vir die aand se braai. Vroeg die volgende oggend maak ons met Phiriot Theko – hy kom ruim …

Paul en Lil van den Berg skryf:
Na ‘n hele paar keer wat ons die Krugerwildtuin besoek het, kry ons gelukkig ons geliefde kampplekkie in Satara.
Na die tentjie spoedig opgeslaan is, knetter ‘n vrolike vuurtjie, gereed vir die aand se braai.
Vroeg die volgende oggend maak ons met Phiriot Theko – hy kom ruim al die braai areas op, -kennis.
Na jare se wind en weer besef ons dat ons tentjie al gehawend lyk en net daar neem ons die besluit om ons tent aan Phiriot te skenk.
Met ons huiswaartse tog oorhandig ons die tentjie aan hom en met groot verbasing en dankbaarheid slaan hy die tent af.
Met ‘n breë glimlag neem hy die tent in besit en neem hy afskeid van ons met die woorde, hamba kahle.
Daarom doop ons toe die gebaar “Krismus in die Kruger Park”.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.