Toeris kla oor Koek ‘n Pan

Aangesien die winter in Gauteng knyp, kom kuier ons graag by familie in die pragtige Laeveld.

Een van die vele hoogtepunte hiervan is ‘n besoek aan Kaapsehoop. Dis al vir ons ‘n instelling om die pragtige huisies te bewonder, by die winkeltjies in te loer en daarna met heerlike pannekoek by Koek ‘n Pan-restaurant af te sluit.
Wat altyd vir ons ‘n hoogtepunt was, was ‘n algehele teleurstellende laagtepunt. Ons gunsteling-restaurantjie het so agteruit- gegaan. Die diens was absoluut power en die bejaarde bestuurder het ons soos indringers laat voel.
Ons was 12 volwassenes wat ‘n geruime tydjie gewag het om bedien te word, afgesien van die feit dat dit nie besig was nie. Toe die kelnerin uiteindelik haar verskyning maak, vra ons haar of ons ‘n tafel kan skuif, waarop sy ingestem het.
Die volgende oomblik kom die bestuurder en laat ons so onwelkom voel, asof ons reg in eie hande geneem het, deur die tafel te skuif. Soos ek verstaan, is Kaapsehoop grotendeels van toerisme afhanklik.
Ek het altyd met die grootste vrymoedigheid die Koek ‘n Pan by vriende en familie aanbeveel, maar sal dit beslis nie meer doen nie en self sal ek ook nie weer daar kom nie. Mense moet asseblief begin besef dat hoe hulle ander behandel ‘n groot rippeleffek het. Jy self bepaal of dit positief of negatief is.
Die eienaar van Koek ‘n Pan, Petro du Plessis skryf:
Baie dankie vir die terugvoer. Dit is altyd goed om terugvoer te ontvang, hetsy
positief of negatief. Ek, as eienaar vra verskoning dat julle swak diens by Koek
‘n Pan ontvang het. Die bejaarde bestuurder is n baie bekwame vrou en baie
gewild by ons besoekers en inwoners van Kaapsehoop. Ek kan my besigheid met
vrymoedigheid in haar hande laat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button