Daline Noppé ook as ouma of gogo bekend, skyf:
Ek wil graag dr. Digaga en bystaandes wat by ongevalle betrokke was asook by my noodoperasie, bedank.

Baie dankie aan die dag- en nagpersoneel se intensiewe sorgeenheid van
MediClinic Nelspruit in saal E12 vir die goeie diens en vriendelikheid tydens my
onlangse siekbed van 22 dae.
‘n Spesiale dank aan Colletha, Rickard, Raymondus, Mare-Leo, Elsabe, Marius, Linda, Barries, Estelle, Dawie, Hendrink, Arina, Lu-Anne en Tom wat na Lipton omgesien het toe hy uit die hospitaal uitgekom het. Suster, dankie dat jy by hulle oorgeneem het totdat ek uit die hospitaal gekom het. Dankie aan familie, vriende, kennisse en kliënte vir hulle bystand en belangstelling.
Dit het nou tyd geword om na 57 jaar af te tree. Dankie aan Marius en Elsabe van Embassy Exports. Ek het vir 11 jaar saam met hulle deurgebring.
Laastens wil ek alle staatsdepartemente, besighede, privaat kliënte asook opposisies vir hulle ondersteuning en samewerking dank, ek gaan julle mis. Dankie aan ons Hemelse Vader dat hy my deur al die jare krag gegee het, asook deur die moeilike tyd van my onlange siekte gehelp het.
