Musiekblyspel was fantasties
Hierdie geleentheid het ons skool bemark tot 'n instansie wat vir niemand hoef terug te staan nie.

Erika Joubert skryf:
Time Machine – wat ‘n belewenis. Dit is met trots dat ons kan terugkyk na ‘n fantastiese musiekblyspel, en met groot dank teenoor al ons leerders, personeel, ouers en almal betrokke dat ons kan sê: “A job well done”.
Hierdie geleentheid het ons skool bemark tot ‘n instansie wat vir niemand hoef terug te staan nie.
Afrigting het van professionaliteit, volharding en deursettingsvermoë getuig. Die standaard van ons leerders se sang, drama en danse was ‘n belewenis wat almal nog lank sal bybly en pragtige herinnering en geselsies tot gevolg sal hê.
Time Machine is beskikbaar op CD asook DVD. Kontak die laerskool vir meer inligting.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
