Wie kan help in soektog?

Die munisipaliteit het onlangs 'n navraag aan my deurgestuur waar die OVK in Ladybrand op soek is na 'n 70-jarige dame met die naam van Marie Antoinette Adendorf.

Marlies Liebenberg van Barberton skryf:

Die munisipaliteit het onlangs ‘n navraag aan my deurgestuur waar die OVK in Ladybrand op soek is na ‘n 70-jarige dame met die naam van Marie Antoinette Adendorf.

Sy is blykbaar die weduwee van Cornelius Adendorf wat by die koöperasie in Ficksburg werksaam was voor sy aftrede en hul laaste adres was Posbus 5548 in Barberton.

Die Menslike Hulpbronnebestuurder van die OVK het aan dié adres geskryf, maar nooit antwoord gekry nie, en die poskantoor mag blykbaar nie inligting gee oor aan wie die posbus behoort nie.

Daar is vir me. Adendorf nog ‘n pensioen-uitbetaling wat haar toekom, anders moet dit aan die staat oorbetaal word.

Ek dink ons stem saam dat in vandag se ekonomiese tye ‘n mens eerder ‘n pensioenaris gelukkig maak voor die geldjie in die bodemlose staatskas verdwyn.
Indien iemand weet waar me. Adendorf haar bevind, laat weet my asseblief by 083-897-3292 of marliesliebenberg@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button