Gaan die Springbokke die laaste wedstryde wen?
Die Springbok-span het Maandag reeds in Kaapstad met voorbereidings vir die toets teen Australië op Nuweland hierdie Saterdag begin.

Die Wallabies het hul voorste loskopstut, Benn Robinson, terug – en dít sal moontlik ’n verskil in hulle skrums maak waardeur hulle groot pak gekry het. Hulle kan ook beter in die lynstane vaar noudat hul kaptein en eerstekeuse-vyfslot, James Horwill, weer beskikbaar is.
Die vaskopstut Jannie du Plessis en die losskakel Morné Steyn sal Saterdag in hul 50ste toetse vir Suid-Afrika speel. Die Springbokke se laaste wedstryd van die toernooi is op 5 Oktober teen Nieu-Seeland op Ellispark in Johannesburg.
‘n Paar Springbok-aanhangers is gevra wat hulle voorspelling van die wedstryde gaan wees. Meeste het gesê dat die Groen-en-Goud albei wedstryd in hulle sakke gaan steek.
Foto 1: Ek hoop en glo dat ons albei gaan wen, maar ek twyfel of ons genoeg punte sal aanteken om bonuspunte in te ryg. Ek dink ons gaan Australië met 10 punte klop.
Foto 2: Ons gaan nie verloor nie, want die Bokke dra daartoe by dat ons ‘n reënboog-nasie is. Ek dink tuisveldvoordeel speel ‘n groot rol.
Foto 3: Ek ondersteun die Bokke al die pad, maak nie saak of hulle verloor of nie. Hulle dra ons landsvlag met trots en ek wens hulle alle sterkte toe vir die wedstryde.
Foto 4: Ons gaan verseker beide wedstryde wen. Ek twyfel nie vir een oomblik in die span se vermoë nie. Hopelik Australië met 12 en Nieu-Seeland met 10 punte.
Foto 5: Ek dink ons gaan die wedstryd teen die Wallabies met gemak wen, maar ek moet eerlik sê dat die Bokke die laaste wedstryd teen Nieu-Seeland gaan verloor.
Foto 6: Die Bokke kan dalk Australië wen. Die afrigter Heyneke Meyer praat gereeld van bonuspunte, maar ek dink hulle gaan ‘n groot verrassing kry.
Foto 7: Ek sit elke keer as die Springbokke speel bankvas voor die skerm. En soos hulle nou speel, gaan hulle beslis Australië en Nieu-Seeland met vyf punte wen.
Foto 8: Dit is ‘n moeilike besluit, maar ek gaan positief wees en sê dat die Bokke albei wedstryde gaan wen. Hulle gaan hard teen die Nieu-Seelanders moet speel.
Foto 9: Steven Smit: Sjoe. Ek hoop ons gaan die wedstryde wen, maar die kanse is skraal. Ons sal teen Australië maklik kan wen, omdat ons op tuisbodem speel, maar die All Blacks’n bitter taai wedstryd wees. Ek voorspel ‘n wen met 6 punte teen Australië en een punt teen Nieu-Seeland.









