Bennie Erasmus skryf oor R37 padwerke.
Bennie Erasmus skryf oor die Burgersfort/Lydenburg-konstruksie: Die mense lieg. As daar 200 mense aan die pad gewerk het, was hulle lankal klaar. Die eerste stop van Lydenburg af is meer as ses maande al toe. Die mense wat aan die pad werk word net afgelaai en dié mense wat die werk moet doen, sit meer …

Bennie Erasmus skryf oor die Burgersfort/Lydenburg-konstruksie:
Die mense lieg. As daar 200 mense aan die pad gewerk het, was hulle lankal klaar. Die eerste stop van Lydenburg af is meer as ses maande al toe. Die mense wat aan die pad werk word net afgelaai en dié mense wat die werk moet doen, sit meer op hulle fone.
Ek is elke dag vir meer as drie uur op die pad. Vir wat kan hulle nie ‘n stuk pad bou en klaar kry nie? Dit is nou in so toestand dat geen mens meer in veiligheid kan ry nie. Hoeveel ongelukke moet daar nog wees?
Dié wat by die stop werk maak dit oop dan is die voertuie nog nie verby nie. Hulle gooi al die klippe in die pad en jy het net nêrens om heen te gaan nie. Party dae is daar klomp mans wat daar rondstaan en dan sien jy hulle nie weer vir weke aanmekaar nie.
Die ander kontrakteurs sit lekker onder ‘n boom in die koelte en rus. Goeie salaris wat hulle kry. Om een dag ‘n maand te werk. En almal van ons wat die pad ry se lewe word hel gemaak om vir ure en ure in die kar te sit en wag.
Weet hierdie mense hoe warm die pad word? Vat asseblief ‘n stuk pad en bou hom klaar en vat die volgende een en bou hom klaar. Dit is seker nie so moeilik nie. Met die reën val die pad vol gate, ons voertuie kan dit nie hou nie. Ons is nie ‘n klomp dom kinders nie. Ons kan sien daar word nie gewerk aan die pad nie.
Hoeveel keer wil julle ons nog mal maak? Die pad is erg genoeg om te ry sonder julle daar. As ‘n mens 10km/h huis toe ry vyf uur en jy moet kos kook, wasgoed was en jy sit daar, word ek kwaad. Julle mors almal se tyd. Weet julle hoeveel geld gaan verlore aan arbeid met die ure wat almal vir julle sit en wag om die pad klaar te verongeluk, want dit is al wat julle met hom doen.
