Spekmagic in Blitzbokke oefengroep

'n Ongelooflike rugbyseisoen vir een van die Steval Puma-sterre, Rosco Spekman kon nie op 'n nog hoër noot afgesluit word nie.

Die jong talentvolle speler
is verlede week deur die afrigter van die Blitzbokke, Neil Powell, genader om
deel uit te maak van die oefengroep wat tans in Stellenbosch vir die Cell C
Nelson Mandelabaai-toernooi in Port Elizabeth en natuurlik die Dubai-reeks
voorberei.
“Dit is nie my eerste keer wat ek ‘n kans gegun word om saam met
die manne te oefen nie. Ek het, toe ek nog by die Sharks was, ook saam met hulle
geoefen. Maar vanjaar, met die sukses wat ons as Steval Pumas gehad het en my
persoonlike suksesse, voel ek geseënd om my seisoen op so ‘n noot te kan
afsluit. My groot wens is natuurlik om langer by die groep betrokke te raak vir
hulle 2014 reeks, maar dan aan die anderkant is daar ook die Pumas wat groot
planne het vir die komende jaar,” noem die beskeie flinkvoetige
spoedvraat.
Volgens Ashley Evert, spanbestuurder van die Blitzbokke, gaan die
voorbereidings in Stellenbosch baie goed en skakel Spekman goed in. “Afrigter
Neil is altyd op soek na nuwe talent, so die senoir en juniorspanne spelers word
maar by al die unies dopgehou. Rosco is beslis een van die spelers wat vanjaar
baie goed in beide die Vodacom-en Curriebeker-reekse gevaar het en het die
potensiaal om by die span se planne in te pas,” noem Evert.
Dié week het die
universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, spanne saamgestel wat gebruik sal
word in oefenwedstryde vir die Blitzbok-groep. Daar is nog net drie weke oor
voor die Port Elizabeth-toernooi.
“Ons het Rosco tans op ‘n leenbasis van die
Puma-unie, maar daar is ‘n moontlikheid dat ons hom langer by ons kan gebruik.
Met die gevolg dat hy dalk nie vir die 2014 Vodacombeker beskikbaar kan wees
nie, maar wel vir die Curriebeker, siende ons seisoen in Mei-maand ten einde
loop,” het Powell genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button