Hawelose by posbus ‘n probleem
Stem jy saam dat die hawelose man by die posbusse mense se lewens in gevaar stel?

Anoniem skryf:
My posbus is tussen Laerskool Nelspruit en die Korrektiewe Dienste. My probleem is dat ons nie meer hier ons pos kan gaan uithaal sonder om ons lewens in gevaar te stel nie. Die probleem is dat daar ‘n hawelose man in die nag op die trappe van die posbuse slaap.
‘n Week gelede net na 18:00 toe ek my pos wou uithaal het hy reeds daar gelê.
Hy los sy gemors sommer net daar. Bedags woon hy langs die spruit en bemors die gebied daar ook.
Ek het n rekening gekry van R300 om my posbus te hernu, ek het die hoofkantoor gebel en is ‘n week gelede al meegedeel dat iemand van Nelspruit Poskantoor my sou bel maar niks.
Ek het al vir Hi-Tech gebel maar hulle het my na die polisie verwys. Ook Bossies Justice het nie op my SMS gereageer nie.Die polisie het gesê hulle kan niks doen nie want hy het nog niks verkeerd gedoen nie.
So ek wil net almal waarsku…. wees versigtig, want niemand kan iets doen voor een van ons verkrag, besteel of vermoor word nie. Die poskantoor verwag ek moet vir ‘n diens betaal maar hulle wil nie ‘n diens lewer nie.
Alhoewel ek belasting betaal is die polisie eerder aan die kant van die haweloses.
Stem jy saam dat hierdie ‘n probleem is? Laat weet ons gerus deur kommentaar te lewer hieronder.
