Polisie bied sokker aan vir Nellsville-jeug
Nutting House wen in die finaal van die rondomtalie 3-1 teen Happy Stars Mattafin.

Sportaktiwiteite hou nie net voordele vir jongmense se gesondheid en ontwikkeling in nie, maar kan ‘n sterk invloed op hul sosiale ontwikkeling hê.
Dit is die uitgangspunt van die polisie, wat die afgelople naweek ‘n sokkertoernooi in Nelsville aangebied het ter ondersteuning van hul dwelmbewusmakingsveldtog.
Kapt. Dawie Pretorius van die Nelspruit-polisie wat die toernooi help organiseer het, het verduidelik dat die polisie poog om die jeug betrokke te kry by sport.
“As hulle aan sport deelneem sal hulle nie betrokke raak by misdaad of dwelms nie,” het Pretorius gesê.
Die vier sokkerspanne wat Saterdag by Nellsville se sokkerveld vir die sokkertoernooi saamgetrek het, was die Happy Stars van Mattafin, Croc Valley, Nutting House en die tuisspan, Nellsville United. Die spelers het sonder ooglopende moeite harde reënbuie trotseer.
In die eerste wedstryd het die Happy Stars Nelsville met 4-0 gewen. In die tweede uitspeel-wedstryd het Nutting House met 5-1 teen Croc Valley geseëvier.
Die wenners van dié twee wedstryde het dit toe in die finaal teen mekaar uitgeveg, met die Happy Stars wat op die ou einde met 1-3 die onderspit teen Nutting House gedelf het.
Sien meer foto’s van die dag hier.
