Rekords spat by Laerskool Nelspruit
Die Laeveldson het nie die atlete van Laerskool Nelspruit gestuit om top prestasies te lewer tydens hulle jaarlikse kleuresportdag nie. Altesaam 24 rekords is gebreek wyl die Cheetahs die dag se byeenkoms met 496 punte gewen het. Die Mambas het weggestap met die sangbeker. Arili Boshoff en Neil van Aardt is aangewys as die junior victrix en victor ludorums met Anje Nel en Nico Liversage die senior victrix en victor ludorums.

Dogters 7, 60m – Kiara Craven – 10,57 sekondes (ou rekord (10,58 sekondes)
Dogters 8, 80m – Tanya Pieterse – 13,03sek (13,28)
Seuns 8, 60m – Neil van Aardt – 9,64sek (9,64)
Seuns 8, 80m – Neil van Aardt – 12,77sek (12,84)
Seuns 8, 80m – Theuns Meyer – 12,72sek (12,84)
Dogters 9, 60m – Julia van Aardt – 9,44sek (9,44)
Dogters 9, 60m – B Groenewald – 9,32sek (9,44)
Dogters 9, 60m – Arili Boshoff – 9,18sek (9,44)
Dogters 10, 70m hekkies – Anje Nel – 13,58sek (14,37)
Dogters 10, hoogspring – Anje Nel – 1,23m (1,14m)
Dogters 10, verspring – Anje Nel – 3,73m (3,64m)
Seuns 10, 1 200m – Drikus Greef – 4:21,24minute (4:26,02)
Seuns 10, 1 200m – Johvan de Lange – 4:21,34min (4:26,02)
Seuns 10, gewigstoot – Drikus Greef – 7,59m (7,03m)
Seuns 10, gewigstoot – Duard Deichmann – 7,28m (7,03m)
Dogters 11, 80m – Nicci Viljoen – 11,45sek (11,90)
Dogters 11, 80m – Rhode Nel – 11,54sek (11,90)
Dogters 11, 100m – Nicci Viljoen – 14,38sek (15,03)
Dogters 11, gewigstoot – Shana Scott – 8,95m (7,65m)
Dogters 11, gewigstoot – Cherese Smit – 8,28m (7,65m)
Dogters 13, 200m hekkies – Zanelle Moller – 35,89sek (36,20)
Dogters 13, 200m hekkies – Carli Killian – 35,15sek (36,20)
Dogters 13, hoogspring – Carli Killian – 1,47m (1,44m)
Dogters 13, verspring – Carli Killian – 4,60m (4,26m)







































































































