Pasop vir mense

Elsie van den Bergh skryf:

Nadat ek in Nelspruit Post oor die aanval by die botaniese tuine en die gastehuise gelees het, sal Laevelders moet begin saamstaan en al die “beware of the dogs” kennisgewings moet verwyder en met ”beware of human attackers” vervang.

Hierdie bordjies moet ook by alle publieke plekke in ons dorp opgesit word sodat almal daarvan bewus word dat as hulle iewers kuier of rondloop, hulle aangeval sal word en daar moet voorgestel word dat almal by die huis moet bly en dat besoekers van ander plekke moet wegbly, want ons dorp het nou n gevaarsone geword.

“Ons kan nie nou meer enige iemand se veiligheid waarborg nie” moet bygevoeg word op die kennisgewingborde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button