Onwettige immigrante vas op Lydenburg moord

“Ons vermoed daar is ‘n verdere vyf verdagtes betrokke, maar dit sal eers later bevestig kan word sodra die uitkenning afgehandel is.”

LYDENBURG – Die polisie het pas twee Mosambiekers vasgekeer in verband met die moord op Me Charlotte Kruger wat verlede week in Lydenburg sinneloos vermoor is. Volgens die kommunikasiewoordvoerder van Lydenburg SAPD, Mr Mabokalate Mashabela, word die ondersoek tans voortegesit. “Ons vermoed daar is ‘n verdere vyf verdagtes betrokke, maar dit sal eers later bevestig kan word sodra die uitkenning afgehandel is.” Dit blyk of almal onwettige immigrante is het Mashabela gesê. Daar is reeds twee verdagtes gearresteer in Pienaar, buite Nelspruit. Volgens Mashabela sal die verdagtes môre (Donderdag) in die hof in Lydenburg verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button