Flink optrede werp vrugte af
LYDENBURG – Twee verdagtes is Vrydag in die dorp vasgetrek nadat die K9-eenheid onmiddellik op ‘n wenk reageer het. Vincent Mogale (35) en Norman Mopanya (42), beide van Lenyenye in Limpopo, word vermoedelik met verskeie rooftogte in Mogwadi (voorheen Dendron), Tzaneen sowel as in Lydenburg verbind. Alhoewel kapt. Mabokalate Mashebela, kommunikasiewoordvoerder van Lydenburg SAPD, nie …
LYDENBURG – Twee verdagtes is Vrydag in die dorp vasgetrek nadat die K9-eenheid onmiddellik op ‘n wenk reageer het.
Vincent Mogale (35) en Norman Mopanya (42), beide van Lenyenye in Limpopo, word vermoedelik met verskeie rooftogte in Mogwadi (voorheen Dendron), Tzaneen sowel as in Lydenburg verbind.
Alhoewel kapt. Mabokalate Mashebela, kommunikasiewoordvoerder van Lydenburg SAPD, nie kon bevestig of die mans met ‘n rooftog twee weke gelede in in die dorp verbind kan word nie, het Steelburger/Lydenburg Nuus vertroulik verneem dat dieselfde verdagtes vermoedelik op ‘n vrou in Lydenburg toegeslaan en R5 000 gebuit het.
Mogale en Mopanya is in die veld aangekeer, nadat hulle uit ‘n gehuurde motor van Europcar gespring en probeer weghardloop het. Die motor is na bewering in Venda gehuur. Die honde-eenheid, in samewerking met die gemeenskap wat die verdagtes heeltyd dopgehou het, kon daarin slaag om die twee vas te trek.
Twee gesteelde selfone, moetie, sowel as vervalste polisielapelle is in hulle besit gevind. Dit blyk of die lapelle deur ‘n oud-polisieman wat op pensioen is, teen R100 elk verkoop inTzaneen aan hulle verkoop is. Volgens konst. Elias Mokwana glo die verdagtes dat die “moetie” hulle in staat stel om rooftogte vlot uit te voer.
“Hulle glo hulle is meer geloofwaardig en dat hulle mense makliker sal kan oorreed om hul items aan hulle te oorhandig as hulle dit by hulle dra”. Die moetie word gewoonlik in hulle sakke en selfs skoene gebêre. Mogwadi en Mopanyane is tans in Tzaneen waar hulle op verskeie aanklagtes in die hof verskyn het. Volgens Mashabela is hul borgaansoek geweier. Hulle verskyn Maandag weer in die plaaslike landdroshof .
