Hier kom die Pumas!

Laeveldse rugbyliefhebbers kan sekerlik nie meer wag vir die seisoen om te begin nie en die Steval Pumas verseker ook nie

Die manne het ‘n strawwe voorseisoen gehad en is beslis slaggereed vir die eerste trappie van die jaar, die Vodacombeker-reeks, wat vandag afskop.
Die Laevelders reis die week na Kempton Park waar hulle teen ‘n baie jong Valke-span sal uitdraf. Volgens die Valke-breier, Johan du Toit, is hy baie positief oor hul voorbereiding en oor die seisoen wat voorlê.

“Daar is so hier en daar klein beserings wat kwel, maar die manne lyk lus vir rugby dié jaar en ek het hoë verwagtinge van hulle.
Kompeterende en goeie rugby is die minste wat ek verwag,” noem Du Toit.
Jimmy Stonehouse, die Puma-breier, het ‘n baie ervare span in die veld vir die kragmeting, met twee nuwelinge in die begingroep.

Ruwellyn Isbell en Bernardo Botha is twee sewesrugby-spesialiste wat opgeroep is en daar word baie van dié twee, na net ‘n week by die Pumas, verwag. Botha bring dan ook natuurlik sy Super 15-rugby-ervaring na die groep, wat baie opwindend kan wees.
Na meer as 142 wedstryde in die Puma-trui sal die woelige flank, Corné Steenkamp weer die span van voor aanvoer.
“Daar was veral in die laaste week ‘n erns in die manne se oefening wat dit duidelik gemaak het dat hulle wedstryde wil begin speel.

Om eerlik te wees, ons as afrigtingspan kan ook nie meer wag om van die nuwe talent in aksie te sien saam met die ervaring van die seniors nie,” noem Stonehouse.
Dan moet Puma-ondersteuners belis die naweek van 15 Maart oophou
vir ‘n dag van Puma-aktiwiteite. Van ‘n vroeë-oggendontbyt saam met die 2013 kampioene tot die eerste tuiswedstryd teen die Vodacom Blou Bulle om 15:00.
Die span is: JW Bell (15), Jerome Pretorius (14), Wilmaure Louw (13),
Hennie Skorbinski (12), Ruwellyn Isbell (11), JC Roos (10), Snake Nyoka (9), Renaldo Bothma (98), Uzair Cassiem (7), Corné Steenkamp (6), Marius Coetzer (5), Giant Mtyanda (4), Drew van Coller (3), Jacques Momberg (2), Vincent Koch (1).

Frank Herne, DeJay Terblanché, RW Kember, Brian Shabangu, Reynier van Rooyen, Justin van Staden en Bernardo Botha is almal op die bank.

Lees meer oor die Pumas

Pumas’ injuries raise concern

Laaste kans om beste Pumas-span te kies

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button