Laeveld-spelers trotseer die weer

Die Laeveld Geslote 3 junior tennistoernooi wat die afgelope naweek plaasgevind het, kon ondanks die swaar reën voortgaan, alhoewel nie al die wedstryde voltooi kon word nie.

Laetitia Fourie, bestuurder van Laeveld-tennis het verduidelik
dat slegs drie van die ouderdomsgroepe hul wedstryde kon afrond. Die kompetisie is een van ses waarvan die uitslae gebruik sal word om die Laeveld- en Mpumalanga-spanne te kies.
Die o/11’s en o/13’s wat by Van Riebeeckpark sou speel, se wedstryde is weens gure weer uitgestel en het dus eers later begin.

Daar het ook kragmetings op Curro se bane plaasgevind, waar die o/15’s mekaar gepak het. Die o/18’s se laaste ronde is egter ook nie voltooi nie.
Jacques Fourie is as die wenner van die o/18’s aangewys met Rudolf
Sippel wat tweede was. Die o/15-seuns kon nie hul laaste wedstryde speel nie.
Marco Knobel, Mogamat Arabi, Schalk Schutte en Taillard van Zyl het in die top-vier geëindig.
Die o/13-seuns kon net die semifinale voltooi met Japie Lubbe, Matthys Wessels, Du Toit Wessels en Sam Black wat ook in die top-vier geëindig het. Die o/11’s se Ruben le Roux, Joshua Black, Bernard van Esch en Hugo Coetser het ook hulself goed van hul taak gekwyt.
Met die o/18-dogters kon Marissia Itterhagen-Strauss en Lomé Smit tot in die finaal vorder, maar hulle kon nie die wedstryd speel nie. Ané van Vuuren was die wenner van die o/15’s met Jamie de Vos tweede.
Mignon Joubert is as wenner van die o/13-dogters aangewys en Michelle Boshoff het tweede geëindig, terwyl Eunice
Lubbe en Mia Guntheretzer nie hul finale wedstryd van die o/11’s kon voltooi nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button