Penryn woeker op die sportvelde

Die hokkieseuns van Penryn College het hul besoekers, Cornwill Hill van Pretoria Saterdag ore aangesit.

Die eerstespan het een-elk gelykop gespeel en die o/16’s het 3-0 koning gekraai.
Hoërskool Lydenburg was óók teen die Nellies in aksie. Die dogtershokkiespanne van Penryn het van die agt wedstryde wat hulle
gespeel het, net twee verloor.
Die netbalspelers het teen hul besoekers lelik vasgeval en kon nie een van hul wedstryde wen nie. Die eerste span het 27-11 verloor en die tweede se wedstryd het toeskouers op die punte van hul stoele gehad. Lydenburg het met 15-11 geseëvier.
Oud-leerders van Penryn het die rugbymanne langs die veld ondersteun – die eerstes van die tuisspan het net-net 18-14 gewen terwyl die tweedes lelik pak slae met 50-12 gekry het.
Die volledige uitslae kan op Laevelder se webblad gelees word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button