Taai kompetisie ten spyte van reën

Die jaarlikse Dopper-gholfdag was soos vorige jare weer ‘n reusesukses.

LYDENBURG – Die jaarlikse Dopper-gholfdag was soos vorige jare weer ‘n reusesukses.

Spelers het dit op ‘n redelike nat veld uitgespeel, maar volgens André du Preez was dit die perfekte dag om ‘n paar behoorlike houe in te kry. “Dit is die vierde jaar wat ek betrokke is. Dit is tradisioneel een van die grootste gholfdae wat hier gehou word.

Al kon die spanne net ongeveer 14 gate speel voordat die reën uitgesak het, was dit nog ‘n lekker dag.”

As gevolg van die weer moes die wennersvolgens die beste nege gaatjies wat die dag gespeel is, bereken word. Christiaan de Beer en Jehane Claase het tydens die Dopper-vuurloop met die louere weggestap.

Coenie du Preez en Kobus Rademeyer was ‘n kortkop agter in tweede plek en Niel Engelbrecht en Ben Smit het derde geëindig. Die kerk wil graag die volgende borge bedank: Precrete, Limpopo Ready Mix, Lydenburg Konstruksie, Lydenburg Toyota, Re/Max, Westvaal, Nomakanjani, Sterkspruit Projekte en Megapaints.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button