Visiere ingestel op streeksfinaal
Strawwe mededinging en skote wat klap was aan die orde van die dag by Hoërskool Bergvlam se skietbaan verlede week.

Die kompetisie word opgedeel in drie afdelings, waarin daar gesamentlik 1 600 punte verdien kan word. Verder word drie posisies deur die skuts beoefen naamlik: lê, staan en kniel, waarvoor daar elk 45 minute toegestaan word. Drie plaaslike skole, Hoërskole Bergvlam,
Rob Ferreira en een leerling van Curro het deelgeneem.
Die program vir die res van die jaar lyk soos volg: Die streeksfinaal vind vanaf
1 tot 8 Augustus plaas. Die skuts wat hier deurdring, neem deel aan die Mpumalanga-finaal wat op 15 en 16 Augustus plaasvind.
Daarna is dit tyd vir die grote – die Suid- Afrikaanse kampioenskappe in Florida, wat tydens September plaasvind. Dit gee die skuts genoeg tyd om goed vir hierdie uitdaging voor te berei.
