VLU dames kry ‘n foto verassing
Die dames het elke oomblik van die impromptu fotosessie geniet, waar hul in allerhande serpies en stylvolle hoede gepryk het.

Die dames van VLU Flamboyant het by hul September takvergadering hul lywe model gehou en voor die kamera gepronk vir ‘n paar prettige en kleurvolle lentefoto’s.
Die vergadering het op Dinsdag, 16 September 2014 by die NG Kerk Suid Gemeente se lapa plaasgevind.
Gasvroue vir die byeenkoms het besluit om tydens die koms van lente op ‘n besondere wyse te vier.
Elke dame wat arriveer, is getooi met vere en/of ‘n hoed waarna Liana Lues, ‘n professionele fotograaf, gereed was vir die pret.
Die dames het elke oomblik van die impromptu fotosessie geniet, waar hul in allerhande serpies en stylvolle hoede gepryk het.
“Na afloop van die vergadering is elke lid huistoe met ‘n pragfoto van haarself. Dit was voorwaar ‘n oggend om te onthou,” het Rika Human skakelbeampte van VLU genoem.
