Laeveld Land Roverklub wikkel en woel nog

Ofskoon die jaar nou einde se kant toe staan, beplan die Laeveld Land Rover Eienaarsklub (LLROC) nog ‘n hele paar byeenkomste en uitstappies voordat die feesseisoen aanbreek.

Ofskoon die jaar nou einde se kant toe staan, beplan die Laeveld Land Rover Eienaarsklub (LLROC) nog ‘n hele paar byeenkomste en uitstappies voordat die feesseisoen aanbreek.

Die groep is nog midde-in sy jaarlikse welwillendheidsprojek om kos en hulpmiddele vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Barberton in te samel. Die klub het van 17 tot 19 Oktober ‘n stalletjie by die Buitelewe Leefstylekspo by I’langa Mall.

Die publiek kan geld, kos of ander skenkings vir die weggooidiere bring of sommer net met klublede kennis maak en oor hul bedrywighede en uitstappies gesels. ‘n Houer waarin skenkings geplaas kan word, sal die week daarna nog by die rolptrappe by I’langa beman word.

Die volgende Sondag
26 Oktober om 07:00 is daar ‘n oggendrit vanaf die gewone bymekaarkomplek by Crossing na Barberton om die skenkings te oorhandig en bietjie na die bedrywighede van die DBV te kyk.

Op pad terug na Mbombela word daar by Lovely-Jubley stilgehou vir ontbyt en gesellige samesyn. Alle Land Rover-eienaars is welkom om die uitstappie mee te maak. Bring ook jou eie geliefde hondjie om te sien hoe dit met die minderbevoorregtes gaan.

Almal is ook welkom om Sondag 9 November aan die laaste uitrit van die jaar oor Msauli na die Songimvelo-reservaat in die Makhonjwa-berge agter Barberton deel te neem.
Die pad sluit ook die nuwe Geo-roete na Swaziland in. Dis ‘n uiters aanskoulike roete oor redelike paaie wat die manne met die sagter Land Rovers soos Evoques en Freelanders ook die geleentheid gee om mee te doen.

Songimvelo is ‘n afgeleë reservaat wat baie min besoekers lok. Dit is die tuiste is van die laaste 80 olifante in Suid-Afrika wat hulle hoofsaaklik in oerwoude en bergklowe skuilhou.
Volgens berigte is daar nog net een oor van die talle grootvoete wat vroeër onder soortgelyke omstandighede in die Knysnabosse gewoon het.

Die jaar sluit op 22 November af met ‘n naweek weg na die Alkmaar Farmstay met sy beproefde viertrekroete buite die stad.

Die jaarvergadering met ‘n afskeidsbraai word dan gehou voordat die groep weer teen middel Januarie met hulle bedrywighede voortgaan.

06.11.2011-Songimvel_570113838 (Medium)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button