Geen kommunikasie vir ‘n maand na veldbrand

Telkom se drade het op 19 September in die slag gebly toe 'n veldbrand in die omgewing ontstaan het.

MBOMBELA – Om vir ‘n maand sonder kommunikasie te sit, is genoeg om enigiemand die harnas in te jaag. So voel inwoners wat op die Uitkykpad bly. Volgens me. Adri van Wyk is dit nou al ‘n maand wat sy glad nie haar landlyn of internet kan gebruik nie.

Sy en haar bure is raadop en weet nie meer wat om te doen nie. Telkom se drade het op 19 September in die slag gebly toe ‘n veldbrand in die omgewing ontstaan het. Sedertdien is al die lyne af. Volgens van Wyk het sy op 22 September die probleem by Telkom aangemeld, maar was daar nog geen vordering nie.

Haar buurvrou het dit nog dieselfde dag gerapporteer. “Ek bel Telkom elke oggend om 08:00 maar kom nooit deur na iemand nie,” vertel sy. Sy sê op hierdie stadium is selfone hul enigste vorm van kommunikasie, maar wil weet wat hulle gaan doen indien die krag sou afgaan. Haar buurvrou werk van die huis af en moet kwotasies uitwerk. Sy het dus die internet nodig om pryse te kry. “Ons almal wat hier bly, is al so moedeloos,” vertel Van Wyk. Sy was al twee keer by Telkom, maar daar was niemand wat haar kon help nie. Laevelder het Telkom verlede week vyf keer probeer skakel, maar daar was geen antwoord nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button