Gesoute vegter wil ander die kuns leer

Xander het 'n indrukwekkende krygsvegkuns- CV wat 20 kampioenskap-oorwinnings en 'n verskeidenheid belde insluit. Hy is al vier keer as Suid-Afrikaanse kampioen gekroon, asook as Laeveld-kampioen in 1999. Hy het ook 'n swartbelt in Tang Soo Do en Ki Do.

Die bekende Wolves Krygsvegkuns-akademie het al deur die jare verskeie talentvolle vegters opgelewer wat die Laeveld en Suid-Afrika se naam hoog gehou het.

Xander Davis (31) is sinoniem met hierdie akademie waar hy 27 jaar se ervaring elke dag inspan.

Xander se pa, Awie, is ook ‘n groot krygsvegter wat die akademie besit en nasionale kleure in Tang Soo Do verwerf het.

Volgens Xander het hy op vierjarige ouderdom met krygsvegkuns begin, nadat hy sy pa oorreed het om saam met hom aan hierdie tradisionele vegkuns deel te neem.

“Saam het ek en my pa deur die verskillende vlakke en belde beweeg tot waar ons vandag afrig.”

Xander het ‘n indrukwekkende krygsvegkuns- CV wat 20 kampioenskap-oorwinnings en ‘n verskeidenheid belde insluit. Hy is al vier keer as Suid-Afrikaanse kampioen gekroon, asook as Laeveld-kampioen in 1999. Hy het ook ‘n swartbelt in Tang Soo Do en Ki Do.

Verder is hy ook ‘n gekwalifiseerde wapeninstrukteur in Tang Soo Do en is ‘n vlak 2 Krav Maga-veginstrukteur, afgesien van sy vele ander spoggerige toekennings.

“Ek het my eerste swartbelt in Taekwondo gekry toe ek nege jaar oud was. Later het ek op 18 my tweede swart- belt in Tang Soo Do gekry,” vertel Xander.

Xander spits homself deesdae veral toe op afrigting en het verlede jaar by die Wêreld Tang Soo Do-kampioen-skappe in Rotterdam die nasionale span as beide afrigter en krygsvegter verteenwoordig.

Daar is wel een oomblik wat vir Xander tussen al die oorsese reise en wêreldkampionskappe uitstaan. “Die 2003 Wêreldkampioenskappe in Engeland toe ek lid van die span was wat die goue medalje gewen het, was vir my ‘n hoogtepunt. Ons het baie hard geoefen, goed voorberei en toe as wenners uit die stryd getree,” sê hy.

Vir Xander gaan dit nie noodwendig oor al die prestasies nie, maar eerder oor hoe hy sy kennis kan gebruik om ander te leer om hulself te verdedig.

“Ek geniet dit om af te rig en te sien hoe die mense verbeter. Met die Krav Maga- selfverdedi-gingskursus wat ons aanbied, leer ons mans en vroue van alle ouderdomme om meer wakker en oplettend te wees.

Volgens Xander is een van die grootste struikelblokke om mense te laat besef dat enigiemand by krygsvegskuns betrokke kan raak.

“‘n Mens moet net die besluit neem en begin. Vegters kry meer selfvertroue en weet dat hulle sekere gevaarlike situasies sal kan hanteer,” noem hy.

Sy krygsvegterheld is Bruce Lee, die legendariese vader van dié kuns. “Ek het ál sy videos en flieks oor en oor gekyk.

“Hy was net ongelooflik gewees,” vertel Xander.

Al het Xander al baie beserings opgedoen, glo hy dat dit maar deel van die sport is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button