Land Roverklub gaan skaars olifante uitsnuffel

Alle Land Rover-eienaars en hul mense is welkom om Sondag saam te kom op ‘n uitstappie oor die Makhonjwaberge agter Barberton, na die Songimvelo-reservaat in die Komati-riviervallei.

Songimvelo is die tuiste van die laaste 80 skugter oerwoud-olifante wat in die ruie klowe hier hou. Daar kan hulle net te voet besigtig word maar soms kom hulle uit die berge. Twee van hulle is sowat twee naweke gelede van die pad af in die oopveld op die rand van die vallei gewaar.

Die klub kies hierdie keer juis ‘n meer begaanbare roete om diegene met die nuwer sogenaamde soft roaders ook die volle geleentheid te gee om mee te doen. Enkele eienaars van die meer onlangse Evoques het reeds aangedui dat hulle saamkom, asook een of twee met die nuwer Freelanders.

Die voorsitter van die klub, Jaco Prinsloo sê hierdie uitsoekvoertuie staan in werklikheid glad nie terug vir die ryvermoë van enige van die ander Land Rover-modelle wanneer dit kom by die normale viertrek-uitdagings nie. Die verlede het egter geleer dat mense maar skrikkerig is vir die moontlikheid dat hulle hul glansvoertuie mag krap of die onderstel plek-plek skuur, daarom bly ons Sondag op gelyke pad, sê Prinsloo.

Die groep vertrek op 9 November om 07:00 vanaf die Crossing-winkelsentrum. Bring drinkgoed en ‘n piekniek- mandjie. Skakel Jaco by 082-859-5083.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button