Tennishelde word vereer

Ons probeer om van so vroeg as moontlik die kinders aan te moedig om wedstryde te speel, want hoe vinniger hulle dit doen hoe meer verbeter hulle standaarde

Laeveld Junior Tennis het Vrydag

31 Oktober vanjaar se uitstaande tennisspelers by hulle algemene jaarvergadering vereer. Die vergadering en prysuitdeling het by Hoërskool Nelspruit se nuwe tennishuis plaasgevind

Die uittredende voorsitter, Jeanetha Boshoff, het die vergadering gelei en daar is ‘n nuwe komitee gekies waaruit die nuwe voorsitter gekies sal word. Daar is sertifikate uitgegee vir alle spelers wat Laeveld-kleure tydens die Interdistrikte Kampioenskappe teen Wes-Mpumalanga en Hoëveld gedra het.

Spelers wat Mpumalanga-kleure verwerf het, het ook elkeen ‘n sertifikaat en trofee ontvang.

Tennisspelers gaan ook die kans kry om sake hierdie naweek in Secunda by die o/10 Junior Mini Interdistrikte teen Hoëveld en Wes-Mpumalanga uit te spook.

“Ons probeer om van so vroeg as moontlik die kinders aan te moedig om wedstryde te speel, want hoe vinniger hulle dit doen hoe meer verbeter hulle standaarde,” het Boshoff genoem. “Ons is baie trots op ons spelers,” het sy bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button