Woema-aanbieder ernstig beseer in motorfietsongeluk, verloor arm
Theunis Nel, aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, is gister oggend baie ernstig beseer in Garsfontein, Pretoria.
Theunis Nel, aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, is gister oggend baie ernstig beseer in Garsfontein, Pretoria.
Nel was op sy motorfiets met ‘n bakkie in ‘n ongeluk betrokke toe hy vermoedelik op ‘n oliekol gegly het en deur die bakkie getref is. Hy is opgeneem in die Unitas Hospitaal waar sy regterarm noodgedwonge geamputeer moes word om sy lewe te red. “Theunis het baie bloed verloor in die ongeluk en deur sy arm te amputeer het hulle sy lewe gered” het Anria van Heerden, familie woordvoerder en mede-aanbieder van Woema gesê.
Volgens berigte word hy steeds onder verdowing gehou en is in kritieke maar stabiele toestand.
Aanhangers van Theunis en Woema, sowel as verskeie motorfiets-gemeenskappe het hulle ondersteuning en gebede opgedra:
Lees meer op rekordeast.co.za
Twitter:



