Klein skatte van vervloë dae in Ford ontdek

Hierdie 1934 Ford V8 Phaeton is ná 38 jaar in ’n ou motorhuis op ’n plaas in die Rietbron-distrik, ongeveer 90km suid-oos van Beaufort-Wes, gevind.

Hierdie 1934 Ford V8 Phaeton is ná 38 jaar in ’n ou motorhuis op ’n plaas in die Rietbron-distrik, ongeveer 90km suid-oos van Beaufort-Wes, gevind.

Die 80-jarige Ford het ’n ongelooflike lae myl-afstand van 15,204 myl (24,468km) oor die jare afgelê! Toe die nuwe eienaar die ou Ford skoonmaak, het hy ‘n paar interessante items ontdek: ’n Lidmaatskapkaart van die Padveiligheidsraad se Veiligbestuurskema gedateer 1952 en ‘n lisensieskyf van 1959 met die plakker nog aangeheg.

Ook ‘n handleiding vir leerlingbestuurders uitgegee deur die Kaapstadse verkeersafdeling. Die prys van dié tweetalige handboekie van 24 bladsye – slegs drie pennies, oftewel 2½ sent!

Wat dink julle sal dié Fordtjie werd wees in vandag se rand en sent?

Groot dank aan Victor Uys vir dié interessante nuusbrokkie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button