Tieners domineer in ope-waterreeks

Die 13-jarige Jordyn Minifie het die laaste reeks van die Funky Pants ope-water swem gedomineer toe sy in die vinnigste tyd van 17:15 uit die water gehardloop het.

Die finale been het Saterdag by Lake Longmere plaasgevind. Dylan van der Merwe en Vidhaan Singh was die enigste twee swemmers wat baas in al vier bene in onderskeidelik die seuns 13 en onder en die seuns 14 tot 30-kategorie was.

Kayla Scheffermann en Jordyn het in die dogters 13 en onder-kategorie in mekaar se nekke geblaas. Kayla was in reeks drie die beste met ‘n tyd van 26:03.

Dylan het Saterdag 18 Oktober sy vinnigste tyd in al vier reekse opgestel toe hy die 1500 meter in 17:26 voltooi het.

Minifie, Vidhaan, Thelise Saunders, Dylan, Michele Esterhuizen en Chris Stapley was die algehele wenners in hul onderskeie kategorieë.

“Daar was heelwat swemmers wat gevra het of die reeks wéér volgende jaar gaan plaasvind en ek moet sê na al die belangstelling sal dit weer Oktober 2015 afskop,” het die organiseerder Allison Williams genoem.

Spesiale dank aan Steve Honey, Bruce Templeton, Mark Williams, Detlef Schmitz en kpt. Pottie Potgieter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button