Nóg ‘n panga aanval tref die Laeveld met Croc Valley as teiken

Drie rowers het Vrydagaand op Croc Valley Sitruslandgoed toegeslaan met twee pangas en 'n geweer. Twee wooneenhede op die perseel is beroof en vier inwoners is aangerand.

MBOMBELA – Twee Belgiese toeriste is Vrydagaand is een van nóg twee panga-aanvalle in die omgewing beseer. Hierdie aanvalle volg kort na Laevelder se berig oor ‘n paartjie se noue ontkoming drie dae vantevore.

Twee wonings in Crocodile Valley Citrus Co, alombekend as Croc Valley Estates, is Vrydagaand deur dieselfde drie boosdoeners geteiken. Croc Valley Estates se eenheid 45 is om 19:25 geteiken toe die huurder ‘n geluid voor sy venster gehoor het. Die man het gaan ondersoek instel. ‘n Gewapende aanvaller het van buite af na hom toe terugstaar en die inwoners het ‘n klein kragopwekker gegryp en in die persoon se rigting gegooi.

Drie verdagtes het weggehardloop en Hi-Tech sekuriteit, Bossie’s Justice, J&M en die SAPS is ontbied. Hulle het die toneel vir die mans gefynkam en die boosdoeners het sowaar weer hulle opwagting gemaak – hierdie keer by eenheid 46 waar hulle nog ‘n aanval om 20:45 geloods het.

Hierdie eenheid behoort aan een van die direkteure van Croc Valley Estates. ‘n Direkteursegpaar en twee Belgiese gaste het daar oornag op pad na die Nasionale Krugerwildtuin toe. Die drie gewapende mans het die huis deur die agterdeur binnegekom. Behalwe vir die geweer, was hulle ook met twee pangas gewapen.

Die aanvallers het die slagoffers beveel om hulle geld en wapens te oorhandig terwyl die vier slagoffers aangerand is. Skote is afgevuur en die direkteurspaar se hond, Jack, is met ‘n panga in die agterbeen gewond.

Die verdagtes het met selfone, kameras, juwele, kontant, bankkaarte en identiteits-dokumente op die vlug geslaan. Hulle spoor is met selfoonsein-spoortoestelle tot by Mataffin gevolg, waar dit egter verloor is. Volgens ‘n persverklaring deur die Crocodile Valley Citrus Co (Edms) Bpk, is die slogoffers van die voorval te getraumatiseer om kommentaar te lewer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button