Pienkvoete verras op eerste dag van die nuwe jaar

Al drie se ouers was oorstelp van vreugde oor die toevoeging tot hul gesin, veral so op die eerste dag van die nuwe jaar.

MBOMBELA –  Mediclinic Nelspruit het skuins na middernag drie klein pragtige pienkvoete verwelkom – n seuntjie en twee dogtertjies.
Thomas van Aswegen het die nuwe jaar eerste begroet toe hy om 00:35 sy verskyning gemaak het. ‘n Paar uur later het Charisse Kwandisile Mashaba gevolg met Precious Khumalo kort op haar hakke.
Tydens al drie se geboortes was daar geen komplikasies nie. “Al drie babatjies is gesond en sal vermoedelik binne n dag of twee ontslaan word,” het Ilse Smith, bestuurder van die kraameenheid, gesê.
Al drie se ouers was oorstelp van vreugde oor die toevoeging tot hul gesin, veral so op die eerste dag van die nuwe jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button