
LYDENBURG – Die NG Suid-gemeente bied vir die volgende 10 weke die bekende Alpha-kursus aan.
Dit word deur ds. Fred Wilson behartig en het gisteraand afgeskop. Belangstellendes is nietemin welkom om binne die volgende week of wat steeds aan te sluit.
Hoewel die kursus by die NG Kerk gehou word, is dit nie net vir NG-lidmate nie. Enigiemand is welkom om in te skakel, aangesien dit ‘n interkerklike kursus is.
Alpha dra die basiese beginsels van die Christelike geloof oor en word deur organiseerders as ‘n geleentheid beskou om die betekenis van die lewe te ontdek. Tydens elkeen van die 10 sessies word ‘n praatjie gelewer waarna kursusgangers saam daaroor besin. Dit geskied in ‘n oop, ontspanne atmosfeer en jy kan jou sê sê. Na raming het meer as 22 miljoen mense wêreldwyd dié kursus reeds bygewoon.
Daar is geen koste aan verbonde nie, maar die organiseerders vra ‘n donasie om etes te dek. Die verrigtinge begin om 18:00 met ‘n ete, gevolg deur die lesing om 19:00. Drag is informeel.
