Bospaaie gereed vir die naweek se 4×4’s

Die viertrek-hindernisbaan by Hamilton Parks op die R40 tussen Witrivier en Hazyview, is die roete vir die volgende byeenkoms van die Laeveld Land Rover Groep, wat Sondag op 15 Februarie plaasvind.

Die roete was ook verlede jaar op Safari 4×4 Roetes op kykNet gebeeldsend.
Land Rovers van alle modelle behoort die uitdaging met gemak te hanteer. Sou van die hindernisse egter te rof lyk, is daar verbypaaie.
Die roete loop deur ‘n pragtige kloof met natuurlike bos.
Die kuierplek het braaigeriewe en ‘n swembad.
Alle Land Rover-geesdiftiges word uitgenooi om saam te kom deelneem.
Anders as gewoonlik vertrek die groep om 8:00 vanaf die BP Garage
by Sonpark. Die koste is
R100 per voertuig, betaalbaar
by die bestemming.
Bring braaigoed en swemklere vir ‘n aangename gesinsdag met die Laeveld se Land Rover-mense. Navrae: Reynardt Cronje by 082-601-9380 of Marius Bakkes by 082-852-7289.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button