Witrivier val vas teen Gautengse opponente
Die eerste-rugbyspan van Laerskool Witrivier het die afgelope naweek tydens hulle sportnaweek behoorlik klippe teen Laerskool Wonderboom van Pretoria gekou.

Die mannetjies het met 10-14 vasgeval.
Die netbalspan kon die skool se vlag hoog laat wapper en was die enigste spannetjie wat hul wedstryd ook teen Wonderboom gewen het. Uit die 10 netbalwedstryde wat gespeel is, kon die tuisspan net een wen.
Die o/9- en o/10-rugbyspanne speel die vakansie in ‘n toernooi wat deur Laerskool Nelspruit aangebied word terwyl die o/11’s, tweede span en eerste span betrokke in ‘n toernooi op tuisbodem sal wees. Twee van die spanne sal aan die einde van die vakansie aan die Jubaweni-rugbysweek speel.
Rugby-uitslae:
• o/9’s wen 22-19
• o/10’s verloor 0 – 45
• o/11’s verloor 7 – 15
• Tweedes verloor 0 – 48
• Eerstes verloor 10 – 14
Netbal-uitslae:
• o/9 A verloor 2 – 15
• o/9 B (verloor) 0 – 7
• o/10 A (verloor) 1 – 22
• o/10 B (verloor) 5 – 9
• o/11 A (verloor) 1 – 20
• o11 B (verloor) 7 – 15
• o/12 A (verloor) 9 – 15
• o/12 B (verloor) 6 – 9
• o/13 A (wen) 24 – 9
• o/13 B (verloor) 9 – 11.
