Rehabilitasiesentrum fokus op sportbeserings

Hoër. Verder. Vinniger. Sport in die Laeveld is tans besig om 'n metamorfose te ondergaan dansky die span van Lowmed.

‘n Gimnasium- en rehabilitasiesentrum is onlangs by Hoërskool Bergvlam geopen. ‘n Sportprogram is ook bekendgestel waar ‘n voltydse biokinetikus daar werk om die leerders met kondisionering wat uit spoed, plofkrag, ratsheid en krag op die sportveld bestaan, te help. Francois Theron, Harry Wiltshire en, dr. Kobus Hugo het nuwe hoogtes bereik met die bekendstelling van ‘n mobiele toetseenheid waarmee uitreikingsprogramme na gemeenskappe beplan word.

Die mobiele toetseenheid.
Die mobiele toetseenheid.

Dié openingsgeleentheid is deur prof. Anita Pienaar van die Potchefstroomkampus se biokinetika, rekreasie en sportafdeling bygewoon waar sy gepraat het oor hoe effektief talent-identifisering en ontwikkeling onder skoolkinders is.

Anita Pienaar.
Anita Pienaar.

“Ons beoog om in die nabye toekoms ‘n anti-gravitasie trapmeul aan te koop. Die apparaat maak dit vir persone wat nie gewig mag dra as gevolg van beserings aan hul ledemate om gerehabiliteer te kan word in ‘n swaartekrag- vrye omgewing moontlik. Dit sal ook die enigste van sy soort in Mpumalanga wees,” sê Hugo.

Die mediese span se planne vir die toekoms is om meer betrokke te raak in die provinsie en landelike areas met betrekking tot kondisionering en talent-identifisering. Lowmed het tans die enigste mobiele toetseenheid in die provinsie waarmee toetse by skole en sportklubs gedoen kan word.

Theron het gedroom dat sportbeserings en rehabilitasie in Mbombela deur ‘n multidissiplinêre span gedoen kan word. In Januarie 2012 het Theron Fisioterapeute, Wiltshire Biokinetikuste en Hugo begin saamwerk. Binne die eerste paar maande het die besigheid uit sy nate gebars en ‘n nuwe eenheid is langs die huidige praktyk gebou.

Dit is op 23 Januarie 2013 deur die voormalige LUR van Gesondheid, dr. Clifford Mkhazi ingehuldig.

Lowmed het in 2012 ‘n cybex-isokinetiese toetsing- en rehabilitasie apparaat aangekoop – een van net twee in die provinsie.

marnus schoeman (Small)

Hierdie toestel maak dit moontlik om enige post-operatiewe rehabilitasie te kan doen en dit help óók met die toetsing van elite atlete.
Die organisasie se uitgangspunt is nie om op die simptome van ‘n besering te fokus nie, maar om die oorsaak daarvan te bepaal en op die regte manier behandel moet word.

Lowmed berus op die volgende drie pilare:
1 Identifikasie – identifisering van talent
2 Voorkoming – voorkoming van beserings is van kardinale belang. Hier kyk die betrokkenes na postuur, omvang van die beweging in die gewrigte, vorige beserings, spierwanbalans en vuurpatrone. Hoe beter die balans en hoe sterker die atleet is, hoe minder is die kans vir beserings en hoe beter kan die atleet presteer.
3 Rehabilitasie – Lowmed is die amptelike diensverkaffer van die Steval Pumas met Wiltshire en Hugo wat onderskeidelik die biokenetikus en spandokter is.

Verlede jaar het Lowmed dit goed gedink om hul kennis met van die skole in die omgewing soos Uplands en Penryn College en hoërskole Nelspruit en Bergvlam te deel. Hulle is ook betrokke by die Mpumalanga Sport Akademie (MSA) waar hulle help met die kondisionering, rehabilitasie en talent-identifisering van atlete.

Die MSA en Lowmed werk hand-aan-hand met die toetsing van alle atlete wat vir enige van die provinsiale sportkodes deelneem. Lowmed is die amptelike mediese span wat met groot sportgeleenthede soos die nasionale sportkampioenskappe waar meer as 900 atlete deelgeneem het, werk.

“Waar ek ‘n algemene praktyk bestuur waar die pasiënte gehelp word met ‘n gesonde leefstyl en waar ons siektes met dieselfde filosofie benader, soek en behandel ons die oorsaak en nie net die simptome alleen nie,” het Hugo bygevoeg.

Die Lowmedspan saam met prof. Pienaar.
Die Lowmedspan saam met prof. Pienaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button