Dans Ohrigstad
LYDENBURG – Lelievlei deurgangskamp is sy volste nog in 12 jaar. Volgens direkteur van die kamp, mnr Frik Rousseau, is dit nie verbasend nie aangesien die land en meer spesifiek die dorp ‘n finansiele krisis beleef. “Ons kan op die huidige stadium geen mense meer inneem nie. Meeste mense wat by Lelievlei kom aanklop word …

LYDENBURG – Lelievlei deurgangskamp is sy volste nog in 12 jaar.
Volgens direkteur van die kamp, mnr Frik Rousseau, is dit nie verbasend nie aangesien die land en meer spesifiek die dorp ‘n finansiele krisis beleef.
“Ons kan op die huidige stadium geen mense meer inneem nie. Meeste mense wat by Lelievlei kom aanklop word afgedank of verloor hulle werk. ‘n Goeie voorbeeld is die van kontrakteurswerk. Die kontrakteurs by die myne hernu dikwels nie die werknemer se kontrak nie en dan sit die persoon uit die aard van die saak sonder werk. Die groot toestroom na Lelievlei kan direk gekoppel word aan dié probleem.”
Hy verduidelik dat baie van die mense meeste van hulle besittings en eiendom verloor as gevolg van skuld wat steeds betaal moet word. “Die mense sit dus op die ou einde van die dag sonder ‘n heenkome en kom klop dan aan by Lelievlei.”
Rousseau verduidelik dat as gevolg van die finansiele toestand van die dorp kry bitter min van die mense weer werk. “Dis soos ‘n bose kringloop en word daagliks al hoe erger. Van Desember het dit baie begin toeneem. Ons het 43 mense ingeneem van einde verlede jaar af. Dit sluit in enkellopendes en gesinne.”
